Overview Strand Sorg/Care (Strand) is ’n program van Badisa, ’n gesamentlike bedieningsaksie van die NG Kerk (Wes-Kaapland) en VGKSA (Kaapland). Aansoeke van entoesiastiese, verantwoordelike en gemotiveerde persoon word ingewag vir die pos as Faktotum. Verantwoordelikhede Administratiewe take verbonde aan die pos. Voorraadopnames, monitorings van bestellings/aankope. Goeie koördinering van alle instandhoudingsaktiwiteite en effektiewe tydsbestuur. Goeie organisatoriese vermoë en die vermoë om onder druk te funksioneer. Netheid van die terrein en omgewing. Vervoer van bejaardes en vervoer van personeel waar nodig. Hantering van instandhoudingsnoodgevalle na-ure. Vervolmaak van instandhoudingswerk en direkte administratiewe ondersteuning. Kwalifikasies Minimum vereiste: Graad 12. Deeglike kennis van instandhoudingswerk. Goeie koördinering van instandhoudingsaktiwiteite en effektiewe tydsbestuur. Goeie organiseringsvermoë. Moet goed onder druk kan funksioneer. Kennis van veiligheidsbestuur. Vervoer van personeel en bejaardes. Geldige rybewys en PDP. Vergoeding ’n Onderhandelbare salaris, aangevul deur ’n mediese- en aftreeskema en ruim verlof. #J-18808-Ljbffr
Faktotum, Strandsorg Sluitingsdatum: 05 Junie 2026
BADISA CHARITY
bellville, bellville
Published 3 days ago
Report job