Sluitingsdatum: 29 Mei 2026 Eljada Nasorg, ’n program van Badisa; ‘n gesamentlike bedieningsaksie van die NG Kerk (Wes-Kaap) en VGKSA (Kaapland); nooi geskikte kandidate om aansoek te doen vir die pos van Instrukteur in die werkswinkel. Vereistes Goeie kennis en begrip van fisiese, psigiese en liggaamlike gestremdhede Ervaring met volwassenes in die ouderdomsgroep 20–74 jaar sal ’n aanbeveling wees ’n Empatiese en geduldige benadering tot sorg en ontwikkeling Moet oor ’n geldige rybewys beskik Verantwoordelikhede Daaglikse optimale stimulering van volwasse persone met gestremdhede Beplanning en uitvoering van werkswinkelprojekte op ’n daaglikse basis Aanleer en ontwikkeling van nuwe handvaardighede by inwoners Bevordering van emosionele welstand en stimulering Kreatiewe ontwikkeling van nuwe projekte en programme Deelname aan relevante komitees Betrokkenheid by fondsinsamelingsprojekte Selfontwikkeling deur die bywoning van opleiding en kursusse Wat Ons Bied Mededingende Vergoeding Pensioenfonds Ruim Verlofvoordele Aansoeke Sluitingsdatum vir aansoeke: 29 Mei 2026 Aanvangsdatum: 1 Augustus 2026 Stuur asseblief ’n volledige CV met ’n dekbrief na: Skakel Ankia Smith by Indien u nie binne 20 dae na die sluitingsdatum terugvoer ontvang nie, kan u u aansoek as onsuksesvol beskou. #J-18808-Ljbffr
Instrukteur – Werkswinkel: Eljada Nasorg, Oudtshoorn
BADISA CHARITY
bellville, bellville
Published 2 days ago
Report job