Huis Wittekruin (Sluitingsdatum: 25 Mei 2026) Huis Wittekruin is 'n program van Badisa en het 'n pos vir 'n Geregistreerde Hoof Verpleegkundige beskikbaar. Badisa is 'n gesamentlike bedieningsaksie van die N.G. Kerk (Wes- en Suid-Kaap) en VGKSA (Kaapland). Badisa beskik tans oor bogenoemde pos in die Skiereiland area. Vereistes Geregistreer wees by SARV/SANC as geregistreerde Verpleegkundige Kennis in die toepassing van geskeduleerde medikasie en die kontrole daarvan Kennis en begrip van toepaslike wetgewings & regulasies en norme & standaarde Deelnemende bestuurstyl Goeie menseverhoudings kan handhaaf en effektiewe kommunikasie vaardigheid in Afrikaans en Engels Goeie kennis van holistiese bejaardesorg Rekenaarvaardig in MS Word, Excel & Outlook Goeie beplanning en organiserings vermoë Gesertifiseerde afskrifte van alle sertifikate en diplomas, nie ouer as 3 maande nie; o.a. Raad Kwitansie en toepaslike opleiding sertifikate Verantwoordelikhede Voldoen aan die Wet op Verpleging/Bestek van Praktyk en Wet op Ouer Persone Toepassing van toepaslike wetgewing en regulasie Fasilitering / bestuur van personeel Fasilitering en versorging van inwoners Skakeling met die multidissiplinêre span, sowel as familielede van inwoners Ontwikkeling & implementering van prosedures & handleidings, beleid dokumente en inligtingstukke Byhou van statistieke, skryf van verslae, byhou van raadsvergaderings soos versoek Diensvoordele Volgens Badisa salarisskale. Pensioenfonds Mediese fonds Ruim verlof #J-18808-Ljbffr
Geregistreerde Hoof Verpleegkundige [Rn]
BADISA CHARITY
bellville, bellville
Published 3 days ago
Report job