Huis Wittekruin (Sluitingsdatum: 25 Mei 2026) Huis Wittekruin is ‘n programme van Badisa en het ‘n pos vir ‘n Geregistreerde Hoof Verpleegkundige beskikbaar. Badisa is ‘n gesamentlike bedieningsaksie van die N.G. Kerk (Wes- en Suid-Kaap) en VGKSA (Kaapland). Badisa beskik tans oor die bogenoemde pos in die Skiereiland area. Vereistes Registreer wees by SARV/SANC as geregistreerde Verpleegkundige Kennis in die toepassing van geskeduleerde medikasie en die kontrole daarvan Kennis en begrip van toepaslike wetgewings, regulasies en norme & standaarde Deelnemende bestuurstyl Goeie menseverhoudings kan handhaaf en effektiewe kommunikasievaardigheid in Afrikaans en Engels Goeie kennis van holistiese bejaardesorg Rekenaarvaardig in MS Word, Excel en Outlook Goeie beplanning en organisatoriese vermoën Gesertifiseerde afskrifte van alle sertifikate en diplomas, nie ouer as 3 maande nie (o.a. Raad Kvitansie en toepaslike opleiding). Verantwoordelikhede Voldoen aan die Wet op Verpleging / Bestek van Praktyk en die Wet op Ouer Persone Toepassing van toepaslike wetgewing en regulasie Fasilitering en bestuur van personeel Fasilitering en versorging van inwoners Skakeling met die multidissiplinêre span en familie van inwoners Ontwikkeling en implementering van prosedures, handreiking, beleid dokumente en inligtingstukke Byhou van statistieke, skryf van verslae en behou van raadsvergaderings soos versoek Diensvoordele Volgens Badisa salarisskale Pensioenfonds Mediese fonds Ruim verlof Aansoek sluit 25 Mei 2026. #J-18808-Ljbffr
Geregistreerde Hoof Verpleegkundige [Rn]
BADISA CHARITY
bellville, bellville
Published 1 days ago
Report job